Te voet van San Foca na Torre Specchia Ruggeri

H&T besoek Bari, die hoofstad van Puglia, waar daar ‘n groot jaarlikse pelgrimsoptog en fees is ter ere van St Nicolaas. Omdat dit twee ure ry vanaf ons huisie is en daar duisende mense gaan wees besluit ons om nie saam te gaan nie, hoofsaaklik maar vir Carien. ‘n Mens moet jou reisgewoontes aanpas wanneer jy ‘n kind het. As jy alleen of as ‘n couple reis kan jy ‘n paar besige en ver dae na mekaar inpas.

<watch this space> Tineke gaan foto’s deel oor die pelgrimsoptog en Bari.

H&T laai ons so 10:00 in San Foca af. Ons het ‘n baie oulike plekkie by die see gevind en cappucinos gedrink en chocolat croissants geeet. Na dit drentel ons nog vir ‘n uur deur die dorpie en bekyk net die plaaslike manier van lewe. Toe pak ons die 4km huis toe aan. Te voet. Halfpad is tussen San Foca en Torre Specchia Ruggeri is daar ‘n strandkafee. Ons stop daar vir iets om te drink.

San Foca
San Foca
Strand tussen San Foca en ons vakansie-huisie.
Strand tussen San Foca en ons vakansie-huisie.
20150508_113131
Helder water.

Carien geniet die luilekker middag by die huis. Die enigste probleem is dat T haar vanoggend geleer het dat sy soos pavarotti in die huis kan sing. So sy sing heelmiddag luidkeels in die halfleeg huisie, dit eggo teen die mure en sy love dit. T besef nog nie dat sy dit more-oggend half 6 ook gaan doen nie.

Marius het 'n parkie naby ons ontdek. Hy en Carien speel elke dag daar.
Marius het ‘n parkie naby ons ontdek. Hy en Carien speel elke dag daar.

One thought on “Te voet van San Foca na Torre Specchia Ruggeri

Leave a comment