Leiden: Amsterdam se kleinsus

Ek droom seker al vir amper ʼn dekade oor ʼn ma-en-dogter reis na Europa. Verkieslik sou ek graag ʼn kook-en-skilder kursus week in Provence saam met my ma wou doen, maar helaas is dit dubbel so duur as die lekkerte wat ons nou beleef het. Ons vlieg van Johannesburg na Amsterdam, doen ʼn blitsbesoek aan Nederland, drink koffie in die Universiteitsdorp Leiden, inkopies in Maassluis en verken die Venesië van Nederland, Giethoorn. Maar die eintlik rede was ʼn troue in Zwolle. Wel, eintlik sou ons by my sussie gaan kuier het wat sou Au Pair het in België, maar haar liefde vir haar Vaderland het die oorhand gekry en sy is terug voor ons voet aan wal kon sit in die lae lande. Om dit die moeite werd te maak rits ons na Florence en verken die pragtige rollende heuwels met spits bome van Toskane. Ons eet gelato, proe glutenvrye Italiaanse kosse en geniet Italië. Dit was ʼn blitsbesoek, maar ons het elke oomblik benut en geniet.

20180920_123542

20180920_121405

Leiden, ‘n bekoorlike universiteitsdorp.

Na baie opwinding, beplanning en droom breek ons groot dag aan. Nie ek of my ma hou van vlieg nie (gewoonlik naar en angstig) en worstel maar deur die vliegtuig-ure. Dit was tog vir my een van my beter vlugte, ek kon slaap (boek ʼn kant-sitplek) en was so min naar dat ek selfs met tye die wêreld uit die vliegtuig-venster kon beskou. Met die daling oor Nederland het die opwinding in my gestyg. My liewe kinders en my man is tuis en ek het nege dae vir myself in twee van my gunstelinglande.

20180920_122215

‘n Blye weersiens. Koffie op ‘n “terrasje”.

Dit was ʼn heerlike weersiens met H&T, my niggie en haar man, op Schiphol lughawe in Amsterdam. Daar was niks tyd om te mors nie en alhoewel my ma soos ʼn zombie gevoel het na ʼn paar nagte sonder slaap, besluit ons om dadelik in die universiteitsdorp Leiden te gaan koffie drink. Dit is my eerste keer in Leiden, pragtig. T beskryf dit as ʼn tweede Amsterdam, maar dan net baie mooier, kleiner en minder toeristies (besig). Dit is so lekker om weer op Nederlandse bodem te wees: Ons stap verby die prentjiemooi kanale en pikante gewelhuisies. Ons koes vir fietsers en luister na die joviale mense op straat. Ons vind ʼn klein koffiewinkeltjie en geniet van die laaste somerson. In Nederland leef hulle baie bewus van die weer, elke dag kyk jy hoe lyk more se weer. En wanneer daar sonskyn is, sit almal buite, verkieslik op ʼn “terrasje” met ʼn koffie of biertjie in die hand.

20180920_132217

‘n Kerk in Leiden

Ons loop nog ʼn paar draaie deur Leiden voor ons besluit om huis toe te gaan. Ons loop sowaar een van my oorlede Oupa se broers en sy vrou raak en poseer natuurlik dadelik vir ‘n foto.

20180920_141103

En daar loop ons my ma se oom raak!

Dit is H se verjaardag en hy beloof om ʼn feesmaal vir ons maak vir die aand. H&T woon in Maassluis, ʼn pragtige dorpie net verby Vlaardigen, naby Rotterdam. My ma se familie kom oorspronklik uit die omgewing en dis elke keer vir my soos ʼn tuiskoms wanneer ek hier is. Ons het dus ook skaars ons tasse uitgelaai of ek, H&T is na die sentrum van Maassluis om een en ander te doen. Onder meer om Haring te gaan eet, ʼn tipiese Nederlandse gereg – dit is ʼn rou vissie. T bestel vir ons 2 porsies elk – want, sê sy, dit was goedkoper as 1 porsie elk. Twee porsies val tog effens swaarder op die maag as een. Sy wys my die huis waar my Oupa grootgeword het, interessant genoeg vandag die kantoor van die dorp se koerant. Sommer net terloops, my Oupa se familie is ʼn baie dramatiese en kunssinnige familie, ek voel baie tuis tussen hulle.

Harald bedien vir ons ʼn ongelooflike bord kos. Fillet wat hy op ʼn besonderse manier gaargemaak het. Ek het nie gedink ek sal een van die lekkerste stuk fillets ooit in Nederland eet nie. Omdat dit H se verjaarsdag is hou hy ʼn “fees” die aand om dit te vier. Familie en vriende kom oor vir “borrel” dit is drankies en happies. Interessant vir my is dat die “borrel” in Nederland altyd so half 9 die aand begin, vir my is dit nogal laat. ʼn Tipiese kaas en wyn in Suid-Afrika sal seker half 7 al begin?
Ons reis het afgeskop, die dag was reeds vol met Nederlandse ervarings en ons is lus vir die res. Die groot troue of “bruiloft” in Zwolle lê nog voor en ons sien baie uit om Saterdag die klein dorpie Giethoorn te gaan verken.

20180920_122008

20180920_125107

Mooi Leiden

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s