Zwahili: Luukse wegbreek in die Waterberge

Sowat 2.5 ure noord van Pretoria lê die Waterberge (Thaba Meetse). Nóg ʼn plek wat ek leer ken het deur my sus, Liza se omswerwinge. Tydens haar tyd by Bush Bigs, net buite Modimolle (Nylstroom), het ek vir die eerste keer kennis gemaak met die Waterberge. Vroeër vanjaar het ons vir ʼn naweek sonder Carien na die waterberge ontsnap.

Ons het in 2013 met ons BabyMoon by Izintaba naby Thabazimbi gaan ontspan. Daar is baie wildsplase in die omgewing. Ses maande na haar geboorte besluit ons om vir ʼn naweek weg te gaan, maar hoe kies mens die regte plek? Ek het TripAdvisor gebruik om ʼn plek te soek, uiteindelik op Zwahili besluit en toe direk deur Zwahili se webwerf bespreek.
Dit was ʼn heerlike naweek, baie baie luuks. Alles word vir jou gedoen en aangedra. Die kos was fantasties, en dit was werklik 5-ster verblyf. Iets waaraan ons beslis nie gewoond was nie.

Dit was werklik 5-ster verblyf.

Die verblyf het twee wildritte per dag ingesluit en ons het dit natuurlik gedoen alhoewel net een oggendrit, want dit het beteken jy moet 5am regstaan om te ry.
Ons gids was se veldkennis was baie indrukwekkend. Hy het die boek Beat about the Bush deur Trevor Carnaby aanbeveel.
Ek sou beslis Zwahili aanbeveel as jy net wil ontspan en niks doen nie, maar dit kan ook vervelig wees – want ons kon nie ons eie kampvuur maak nie.

Zwahili deur ons kamera se lens:

DSCN4805_BLOG
Kameelperde tydens die wildsrit.
DSCN4814_BLOG
Met elke wildsrit was daar tyd vir sundowners of vroegoggend koffie en beskuit.
DSCN4844_BLOG
Uitsig oor die veld vanuit die pootjiesbad.
DSCN4845_BLOg
Buite-stort.
DSCN4851_BLOg
Elke chalet het ‘n versteekte ingang en die huisies is baie privaat.

DSCN4891 BLOG DSCN4916 blog

Leave a comment